Koebaai dubbelken, hello nuwe jy! Verloor gewig vir ’n mooier gesig en straal van selfvertroue.

Artikel deur Anrike

Anrike vd Walt

Anrike vd Walt

Lombardy/Silverlakes Bootcamp Instructor

Gewig en selfvertroue gaan hand-aan-hand. Sosiale media is vol van #transformationchallenge voor- en na foto’s, waar ’n duidelike positiewe verandering gesien kan word. Mense lyk en voel nie net goed nie, maar hulle doen ook meer moeite met hulle voorkoms. ’n Mens kan nie help om na die foto’s te staar en geïnspireerd te voel nie. Wanneer jy gewig verloor word jou gesig slanker met meer prominente gelaatstrekke. Onderstaande transformasies toon dat gewigsverlies in die meeste gevalle, ’n drastiese nuwe voorkoms tot gevolge het met ’n nuutgevonde skoonheid.

Go Active Bootcamp Pretoria

Dié vrouens wat as voorbeeld gebruik word, het besluit om ’n gesonde leefstyl te begin volg en daaraan toegewy te wees. Begin jou pad na gewigsverlies deur volhoubare doelwitte te stel wat by jou leefstyl inpas en jou sal help om jou teikengewig te bereik. Die raad om van vet ontslae te raak, is nie nuut nie: oefen en eet gesonder.

Gewigsverlies verwyder hoofsaaklik rondheid by wange en die kakebeen wat dit duideliker laat vertoon en die gesig aantrekliker laat voorkom. Dit is wel belangrik om ouderdom tydens gewigsverlies in ag te neem, aangesien namate jy ouer word, jy alreeds besig is om volume in jou gesig te verloor en fyn lyntjies en plooie meer sigbaar word.

Die Franse aktrise, Catherine Deneuve het ’n baie sterk opinie hieroor: “At a certain age, you have to choose between your face and your ass.” Om brandmaer te wees is dalk nie die beste opsie vir jou nie, kies eerder ’n gesonde gewig vir jou ouderdom.

Drastiese gewigsverlies kan jou gesig ook vaal laat lyk en droog laat voel. Yo-yo diëte is
nooit ’n goeie idee nie. Die meerderheid mense verloor water en ook spiermassa wanneer
hulle te vinnige gewig verloor. Dit is dus belangrik om spiere op te bou of minstens jou
spiermassa te behou terwyl jy op ’n gewigsverlies eetplan is. Selfs al verloor ’n persoon slegs 1 kilogram, sal mense die verskil raaksien, al kan hul nie hul vinger daarop lê aan wat anders is nie.

Waarvoor wag jy? ’n Nuwe jy is sommer om die draai waar jy nie net gesond en fiks gaan word nie, maar met ’n slanker gesig beslis die koppe gaan laat draai!